Committees
Within the communities on the farms a lot of good practices and self development is an ongoing process. Workers committees are chosen by the employees of the company at each separate production site on an annual basis. Meetings are held monthly and food and payment is sponsored by the employer. Each member is then assigned as the chair person for a specific portfolio.
The workers committees are given the income received from a specific cultivar of pears at the beginning of each year to distribute between the portfolios. They have to “woeker” with this money and eventually enjoy functions and outings within their membership to this portfolio. They also have to reach out to people in need within and outside of their own community. Facilities and Transport are made available for these activities.
Portfolios 2016
Mannesake Portefeulje
Awie Fortuin is verantwoordelik vir die Mannesake portefeulje.
Sy beplanning vir die jaar is om twee funksies vir die jaar te hou: ‘n hoenderbraai en ‘n worsrol verkope. Die geld wat vir die jaar ingesmel is deur die twee funksies word dan weer aan die einde van die jaar gebruik vir ‘n uitstappie vir die manne na die see.
Sport Portefeulje
Denzil Augus verteenwoordig die Sport Portefeulje.
Sy beplanning vir die jaar is om elke tweede Saterdag, wanneer Golden Eagels wat die plaas se Rugbyklub is tuis speel, ‘n verkope te hou. Einde van die jaar wil hy kyk waar in die gemeenskap hy finansieel kan help met die geld wat hy deur die jaar ingesamel het.
Voorsitter van Werkerskomitee
Joslin Andreas dien as Voorsitter van die Werkerskomitee.
Sy rol as voorsitter is om te sorg dat daar elke maand vergadering met komiteelede gehou word sodat daar vasgestel kan word wat die behoeftes in ons gemeenskap, sowel as in ons werkeplekke is. As daar gevind word dat daar probleme is in die werksplek en in die gemeenskap moet die voorsitter en sy komiteelede sorg dat daardie probleme opgelos word. Indien nie, word die hulp van bestuur ingeroep. Die voorsitter en sy lede dien as skakel tussen die bestuur, die gemeenskap en werkers.
Vrouesake Portefeulje
Natasha van wyk verteenwoordig die vrouesake portefeulje.
Haar beplanning is om 4 funksies vir die jaar te hou, wat gaan wees ‘n modelkompitisie, worsrolletjie vekope en hoenderbraai. Die portefeulje se vereiste is dat elke vrou wat deel he aan die uitstappie einde jaar die portefulje moet ondersteun. Natasha sal einde jaar ‘n uistappie na see beplan met die geld wat deur die jaar ingesamel is.
Xhosa Vroue Portefeulje
Florence Badi verteenwoordig die Xhosa vrouens wat in die pakstoor werk maar in Villierdorp bly. Ek dien as die skakel tussen hulle en die werkerskomitee. Ek moet hierdie gemeenskap respekteer en ‘n voorbeeld vir hulle wees. Aan die einde van die jaar gaan al die vrouens uit.
Kinderbond Portefeulje
Sanna Simons verteenwoordig die kinders van skoolgaande ouderdom van preprimer tot laerskool. Sy gaan ‘n hoenderbraai en worsrolletjieverkoping hou (twee funksies) vir die jaar om fondse in te samel om die einde van die jaar op ‘n uitstappie te gaan met die kinders.
Godsdiens Portefeulje
Dinah Xhkana verteenwoordig die Godsdiens Portefeulje.
Haar beplannning vir die jaar is om 3 funksies vir die jaar te hou wat gaan wees soos volg, ‘n Sangaand, Worsrolletjie verkope en ‘n Teemidag. Die geld wat ingesamel is deer die jaar word dan gebruik om weer terug te gee vir die gemeenskap aan almal wat die Godsdiens portefeulje geondersteen het.
Jeug Portefeulje
Anna Potberg is verantwoordelik vir die Jeug Portefeulje.
Haar beplanning vir die jaar is soos volg:
Sy en Timothy kom elke Maandag aand met die jeug in ‘n saal bymekaar om hulle te leer oor die woord van God. Sy beplan ook om vir die jaar twee funksies te hou, waarvoor geld einde jaar vir Jeuguitstappie gebruik gaan word.
Sekretaresse
Shayieda Minnaar is die sekretaresse van die komitee.
Haar funksie op die komitee is soos volg:
– Om die komitee se administrasie werk uit te voer.
– Om vergaderings te reel
– Om die notule van die vergadering te skryf
– Om die kennnisgewings van afwesisheid te ontvang en te noteer
– Om die Kennisgewing en agenda van die volgende vergadering aan die komitee te stuur
– Om die vergadering lokaal voor te berei en stoeluitleg te beplan
– Om ekstra afskrifte van die agenda byderhand te he ingeval iemand daar sonder
– Om die rol te vervul van die voorsitter se regter hand